goeie toestand is en dat daar geen beskadiging aan die
ysmaker se koord en prop is nie.
3.1.3. Die ysmaker moet horisontaal op ‘n gelyk
oppervlakte geplaas word . Om behoorlike ventilasie te
verseker laat 150mm ruimte toe aan die bokant, beide
kante en agter die toestel. Moenie die ysmaker naby ‘n
oond, uitstraler of enige ander bron van hitte installeer
nie.
3.1.4. Voordat jy die ysmaker vir die eerste keer
gebruik, wag assblief vir 2 ure nadat dit in posisie
geplaas is, en hou die voorste deksel oop vir 2 uur.
3.1.5. Maak seker dat die netspanning op die ysmaker
ooreenstem met die hooftoevoer in jou huis.
3.2. Gebruik en versoging:
Werking van die beheerpaneel:
AAN/AF:
Druk dit om eenheid aan of af te skakel.
VOEG WATER BY:
Hierdie liggie sal aanskakel met ‘n
lang “DI” geluid. Jy sal moet water byvoeg en druk die
“STOP” en dan die “START” knoppie om die ysmaker
weer aan te skakel.
YS VOL:
Hierdie liggie sal aanskakel met ‘n “DI DI”
geluid as die ysmaker die maksimum kapasiteit van die
ysmaker se stoorkabinet bereik het. Druk die “AAN/AF”
knoppie om die ysmaker weer aan te skakel nadat party
van die ys weggeneem is.
3.3. Werkingsinstruksies:
Stap 1: Maak die deksel oop en en vul die tenk met
water.
Let wel:Maak seker dat die watervlak in die tenk nie oor
die die ys versameling bord is nie.
Stap 2: Koppel die krag aan.
Stap 3: Druk die Aan/Af knoppie om die eenheid aan te
skakel. Die ysmaker begin dan werk.
Let wel: Vir die eerste drie siklusse sal die ysblokkies
klein en oneweredig in vorm wees.
Stap 4: As die wysliggie VOEG WATER BY rooi is en
maak ‘n “DI” geluid, haal die mandjie dan uit en voeg
water by soos in stap 1, en dan druk jy Aan/AF om die
ysmaker weer aan te skakel.
Let wel: As geen water opgepomp word na die bak oor
twee siklusse nie, maar die water in die tenk is genoeg,
beweeg die eenheid ‘n bietjie na vore, verwyder dan die
silikon prop en laat ‘n paar druppels water uitloop.
Stap 5: As die wysliggie rooi is en YS VOL aandui met
‘n “DI DI” geluid, haal die ys uit met die grafie.Let wel:
As die ysbak vol ys is, verwyder die ys dadelik . Moenie
dat die ysbak oorvol word nie.
Stap 6: Druk die Aan/Af knoppie om die masjien af te
skakel.
3.4 Na gebruik:
3.4.1. Laat toe dat die toestel af koel.
3.4.2. Verwyder die prop van die hoofleiding
kragtoevoer.
3.4.3. Maak die toestel skoon soos in die skoonmaak
artikel beskryf is.
4. Skoonmaak en sorg
Maak die binne voering, die ysbak watertenk en die
verdamper gereëld skoon. Wanneer jy skoonmaak,
ontkoppel die eenheid en verwyder die ysblokkies.
Gebruik ‘n verdunde oplossing van asyn en water om
die binne- en buitekant van die ysmaker mee skoon
te maak. Die ysmaker moet ook nie met chemikalieë
of verdunde middels soos sure, petrol of olie gesproei
word nie. Was deeglik voor die ys gemaak word.
•Hou die ventilasie opening in die eenheid en dié in die
ingboude struktuur oop van enige blokkasie.Moenie
meganiese of enige ander voorwerpe gebruik om die
ontvriesing proses te probeer aanhelp anders as die wat
deur die vervaardiger aanbeveel word nie.
•As die ysmaker nie vir ‘n lang tyd nie gebruik is nie,
mag die waterpomp dalk nie genoeg water pomp nie
as gevolg van ‘n lugblok en die onvoldoende water
wysliggie sal dan aangaan. Om dit reg te stel, druk die
“Begin” knoppie weer en die ysmaker sal weer soos
normaal
begin werk.
•Om die skoonheid van die ysblokkies te verseker moet
die water in die watertenk elke 24 uur vervang word.
•As die kompressor vir enige rede soos ‘n water tekort
of té veel water gaan staan, sluit die krag af . Moenie dit
dadelik weer aanskakel nie, wag vir 3 minute en skakel
die ysmaker weer aan.
•Gebruik altyd vars water voordat die ysmaker ys begin
produseer net na die eerste installasie of nadat dit vir ‘n
lang tyd nie gebruik is nie.
5. Anomolies en herstel
5.1. Neem die toestel na `n gemagtigde tegmniese
sentrum as toestel beskadig is of probleme ontstaan
5.2. As koneksie na die muurprop beskadig is moet die
toestel vervang word volgens waarborg.
ICE FULL
ON/OFF