43
Compact4pool
ZA
Lees hierdie gebruiksaanwysing aandagtig alvorens hierdie toestel te installeer.
Werking
Die Compact4pool is spesiaal ontwerp vir kleiner swembaddens, draagbare swembaddens en spa’s tot 20.000 liter. Veiligheid en gebruiksgemak is
die belangrikste kenmerke van hierdie 4-in-1 toestel wat bestaan uit ‘n professionele pomp, ‘n UV-C toestel, ‘n filter en ‘n voorfilter. Die asinchrone
pomp suig die water aan via die voorfilter waar die growwe vuil agterbly. Hier is eweneens ruimte vir ‘n chloortablet waarmee ‘n gelykmatige
chloorvrystelling aan die swembadwater bewerkstellig word. Deur die kykglas kan gekontroleer word of die filter vervuil is en hoever die chloortablet
opgelos is. Die fyn vuil bly agter in ‘n filterpatroon wat eenvoudig is om skoon te maak. Via hierdie filterpatroon loop die water langs die 11 Watt
UV-C lamp. Hier word die water blootgestel aan UV-C straling. Hierdie straling neutraliseer bakterieë, virusse en alge en disinfekteer die water op
‘n veilige en doeltreffende manier. Die Compact4pool moet buite die swembad vasgesit word en is voorsien van aansluitings wat geskik is om vas
te gom aan ‘n slang of PVC pyp. Danksy die Compact4pool kan die gebruik van chloor en andere chemikalieë tot 80% verminder word.
Voordele van Compact4pool:
• Kompakte multifunksionele toestel
• Eenvoudige installering
• Professionele asinchrone pomp (5000 l/h)
• Voorfilter met kykglas
• Houer vir chloortablet
• Filterpatroon vir optimale filtrasie
• 11 Watt UV-C, veilig en doeltreffend
• UV-C lig breek gebonde chloor af
• Ideaal vir klein (draagbare) swembaddens en spa’s
• Veilig en doeltreffend
• Sorg vir vars, skoon en helder water
• Verminder die gebruik van chloor en ander chemikalieë tot 80%
• Voorkom chloorlug en irritasie aan huid en oë (rooi oë)
• 2 jaar waarborg op fabrieksfoute
Veiligheid! Lees al hierdie instruksies sorgvuldig deur en voer dit uit.
- Hierdie produk moet uitsluitend gebruik word volgens die riglyne soos beskryf in hierdie handleiding.
- Trek altyd die kragprop uit die kragsok voordat u instandhoudings- of herstelwerksaamhede aan die toestel uitvoer. Moet nooit die kragprop in
/ uit die kragsok druk / trek as u in ‘n plas water staan of nat hande het nie.
- Moenie die snoer in die grond ingraaf nie. Lê dit so neer dat dit nie kan beskadig word deur grassnyers, heiningskêre of ander masjinerie nie.
- Moenie die toestel gebruik indien enige onderdele (in die besonder die kwartsglas) beskadig is nie.
- Die kabel van hierdie toestel is nie vervangbaar nie. In geval van beskadiging van die kabel moet die komplete pomp vervang word. U kan ‘n
nuwe pomp aanskaf by die verdeler waar u die Compact4pool gekoop het.
- Die pomp in die Compact4pool maak gebruik van skoepe wat die water voortstu. Hierdie skoepe draai teen hoë snelhede rond. Maak seker dat u
vingers of ander voorwerpe nie teen die draaiende skoepe kom nie.
- Die pomp in die Compact4pool het ‘n ingeboude termiese beveiliging waarmee die pomp by steurings uitgeskakel word. Na ‘n afkoeltyd van
enkele minute kan u hierdie beveiliging herset deur die kragprop los te maak en opnuut aan te sluit. Dit is raadsaam om die pomp in daardie
geval aan ‘n onderhoudsbeurt te onderwerp.
- Skakel die toestel altyd af wanneer daar geen water deurstroom nie.
- Verwyder die toestel by bevriesingsgevaar tydens die wintermaande.
- Ná die toestel uitgeskakel is, sal die lamp nog ongeveer 10 minute lank warm bly.
- Sorg dat die kragprop altyd droog bly.
- Gebruik uitsluitend goedgekeurde veiligheidsmuursokke.
- Om gevaar van elektriese skok te voorkom: vermy die gebruik van verlengsnoere, tydreëlaars, kontakkaste, dubbelproppe, ens.
- Sluit die toestel veiligheidshalwe uitsluitend aan op ‘n groep met ‘n aardlekstroombreker met ‘n uitskakelstroom van minder as 30 mA.
- Laat indien nodig deur ‘n erkende elektrotegniese installeerder ‘n geskikte aansluiting aanlê as geen van die aanwesige aansluitings aan die
vereistes voldoen nie.
- Moet die Compact4pool nooit aan die kabel dra nie.
- Die Compact4pool is geskik vir watertemperature 4°C en +25 °C. Plaas die Compact4pool nooit op ‘n plek in die volle son nie.
- Kinders moet nie toegelaat word om hierdie produk te gebruik nie, om risiko van verwonding te voorkom. Dit moet slegs deur volwassenes
gemonteer of gedemonteer word.
- Hou kinders uit die buurt van hierdie toestel en die snoer.
- Hierdie toestel is nie geskik om gebruik te word deur persone (inklusief kinders) wat ‘n fisiese, motoriese of mentale beperking het of ‘n gebrek
aan ervaring of kennis met hierdie produk het, tensy dit gebruik word onder die toesig van ‘n bevoegde toesighouer.
- Plaas die Compact4pool op ‘n veilige afstand van die swembad en voorkom dat u kinders via die toestel op of in die swembad klim.
Содержание Compact4pool
Страница 1: ...1 The easy and friendly way to disinfect your pool Blue Lagoon Compact4pool ...
Страница 2: ...2 2 1 E K R N K A I S J B O P Q C D L L M ...
Страница 3: ...3 5 4 3 1 3 4 2 2m 6 2m 2m 2m ...
Страница 58: ...58 2 1 E K R N K A I S J B O P Q C D L L M ...
Страница 59: ...59 5 4 3 1 3 4 2 2m 6 2m 2m 2m ...