verleen ‘n spesiale geur aan die finale meesterstuk.
Dit is waarom dit belangrik is om die regte bestand-
dele in presies die regte hoeveelhede te gebruik om te
verseker dat u die heerlikste resultate kry!
Gis:
Gis is eintlik ‘n mikroskopiese plant. Eenvoudig gestel,
sonder gis, sal jou brood nie rys nie. Wanneer benat
met ‘n vloeistof, gevoed deur suiker en versigtig
opgewarm, produseer gis gasse wat maak dat die
deeg rys. As die temperatuur té laag is, sal die gis nie
geaktiveer word nie – as dit té hoog is sal die plantjie
sterf. Jou broodbakker neem hierdie bekommernis van
jou weg omdat die masjien te alle tye die regte temper-
atuur handhaaf in die bakkamer. Sommige soorte gis
vereis die gebruik van ‘n brood verbetering. Die brood
verbetering sal bykomende gluten verskaf aan die meel
om ‘n beter te produk te produseer.
Let wel:
Ons beveel nie die gebruik aan van saamge-
perste gis of vars gis in jou broodbakker nie.Taurus
beveel slegs die gebruik van droë gis aan. Maak altyd
seker dat die gis binne die vervaldatum gebruik word,
want verouderde gis sal veroorsaak dat die brood nie
rys nie.
Meel:
Ten einde vir die brood om te kan rys, moet die meel ‘n
genoegsamehoë proteïen inhoud hê. Taurus beveel aan
dat ‘n eenvoudige meel van goeie gehalte of brood-
meel gebruik word. In teenstelling met wit meel, bevat
koringmeel semels en koringkiem wat swaar is en rys
inhibeer. Koringbrood is dus geneig om swaarder in
tekstuur te wees en kleiner in grootte.‘n Ligter groter
brood kan verskaf word deur die kombinasie van wit
meel en koringmeel vir volgraan resepte.
Suikers:
Suikers versoet die brood, leen sagtheid aan die
tekstuur en verskaf kos aan die gis. Wit of bruinsuiker,
molasse, esdoring of goue stroop, heuning en ander
versoeters mag gebruik word in ekwivalente hoeveel-
hede. Let wel: Kunsmatige versoeter kan die suikers
in soortgelyke hoeveelhede vervang, maar die tekstuur
en smaak van die brood sal wissel.
Vloeistowwe:
Wanneer vloeistowwe met die proteïene gemeng word
in die meel, word gluten gevorm. Gluten is nodig vir
die rys van die brood. Die meeste resepte gebruik
poeiermelk en nie water nie, maar ander vloeistowwe
soos melk, vrugtesap, bier en water kan gebruik word.
Dit is ‘n baie delikate balans: Vloeistowwe moet by
kamertemperatuur gebruik word: eksperimenteer
met hoeveelhede van hierdie vloeistowwe om die
optimum van ‘n resep te kry want té veel vloeistof kan
veroorsaak dat die brood platval in die bak, terwyl té
min vloeistof sal veroorsaak dat die brood nie rys nie.
Aantekeninge is beskikbaar daaroor.
Die kuns om heerlike groot brode te bak:
In klein hoeveelhede, beheer sout die gisaksie en voeg
geur by.Té veel sout inhibeer die rys van brood so
maak seker van hoeveelhede meet.Enige tafelsout mag
gebruik word.
Vette:
Baie brode gebruik vet om die geur van brood en die
vogtigheid vanbrood te behou. Tipies gebruik ons
merendeel margarien in ons respte, sagte botter of
olie mag in ekwivalente hoeveelhede gebruik word.
Let wel: sou u vet wil byvoeg in die resep,sal jou
brood varieer in smaak en tekstuur.Belangrike wenke
vir afmeet: Elke bestanddeel in brood het ‘n spesifieke
rol om te speel, daarom is dit uiters belangrik om die
bestanddele akkuraat aft e meet om die beste resultate
te verkry.
Droë bestanddele:
Gebruik ‘n standaard metrieke maatlepel asook ‘n
metrieke maatkoppie.Moenie eetgerei lepels of kof-
fiekoppies gebruik nie enonthou om afgeplatte mates
te gebruik.Vir flouer skep dit los in die maatbeker en
plat dit af met ‘n mes.Moenie die bestanddele in die
maatkoppie styf inprop nie of die maatkoppie tik tensy
anders vermeld in die resep.
Vloeistowwe:
Vul ‘n standaard metrieke maatlepel of maatkoppie
tot die vlak aangedui in die resep.Plaas die maatkop-
pie op’n plat oppervlakte en kontroleer die vlak op
ooghoogte.
Soliede vette:
Vul ‘n standaard metrieke lepel of maatkoppie tot die
vereiste vlak en plat af met ‘n mes.
Laaste dinge laaste!
Plaas altyd die vloeistowwe eerste in die pan,dan die
droë bestanddele en laaste die gis. Dit sal ‘n eweredig
geryste en eweredige gebakte brood verseker.
Vrugte- en neuthouer:
Jou Taurus broodbakker het ‘n outomatiese vrugte-
en neuthouer wat outomatiesdie neute en vrugte
eweredig vrystel in die deeg van die kniesiklus.Dit
sal gedoen word ongeveer 8 minute voor die einde
van knie2, om te verseker dat die gedroogde vrugte
nie gekneus word nie en dit is nie stukkend nie.Die
kapsiteit van die vrugte- en neuthouer is 1koppie
droë bestanddele en is ‘n beskikbare opsie op al
die opsielys instellings, maar ons beveel aan dat
net die Basic(basies)(1), Gluten/yeast(gis) free (3),
koring(4),en Soet brood(5) gebruik word. Die vrugte-
en neuthouer is nog ‘n kenmerk van jou Taurus brood-
bakker wat ontwerpis vir gemak en om die raaiwerk uit
resepte te haal.
Die vrugte- en neuthouer kan nie met die maak van
klein broodjies gebruik word nie. Wag vir die biep
geluid en voeg die vrugte en neute met die hand by.
Hoe om die Time Delay(tydvertraging) te gebruik:
•
Die Taurus broodbakker stel jou in staat om die brood