Installering (skets 2)
Hierdie toestel moet nooit in die water geplaas word nie. Installeer dit altyd buite die bad. Maak seker dat water altyd deur die eenheid vloei
wanneer die lamp aan is.
1 Pas die eenheid met die driestuk-koppelings (
I
) in die stroombaan.
2 Pas die eenheid met die pypknippe (
O
) (voorsien saam met die stel) by ’n permanente installasiepunt in en draai die driestukkoppeling (
I
) vas.
Maak seker dat daar genoeg spasie gelaat word om die lamp (
K
)/kwartsglas (
M
) te kan verwyder ingeval dit vervang en/of in stand gehou moet word.
3 Sit die lamp (
K
) in die wit lamphouer (
L
), skuif dit versigtig in die kwartsglas (
M
) en draai die doppie (
N
) met jou vingers op die eenheid vas.
4 Skakel die pomp aan, gaan die vloei van die stelsel na en maak seker dat dit nie lek nie. Gaan dan die seëls (
P
) na om te sien of hulle korrek
by die kontakpunte asook die kwartsglas geposisioneer is (
sien skets 2
).
5 Prop die kragdraad van die UV-C-toestel in by ’n geaarde elektriese kragprop met ’n aardlekskakelaar. Maak seker dat die lamp aangaan; dit
kan gesien word deur die toestel se deurskynende aanhangsels.
6 Die toestel word afgeskakel deur die prop uit die elektriese kragpunt te trek.
7 Maak seker dat daar ongeveer 1 meter klaring voor die UV-C-toestel is vir daaropvolgende uitmekaarhaal-prosesse.
Uitmekaarhaal/Instandhouding
Skakel altyd die elektriese stroom af tydens instandhouding of wanneer die toestel uitmekaar gehaal word. Die toestel moet twee keer per
jaar skoongemaak word. Indien daar alge of ’n kalklaag vorm op die kwartsglasbuis (
M
) wat die lamp bevat, moet dit skoongemaak word.
Die spesiale lamp moet na 9.000 uur vervang word. Maak die vlekvryestaal binnekant met ’n sagte borsel skoon.
1 Skroef die driedeel-koppelings (
I
) los en laat die water uit die toestel loop.
2 Draai die deksel (
N
) wat die lamp bevat, af van die toestel en vervang die spesiale lamp (
K
), indien nodig. Hanteer asseblief versigtig,
aangesien hierdie onderdele baie delikaat is.
3 Verwyder die kwartsglas (
M
) versigtig met ’n groot puntskroewedraaier (sien skets 3). Moet dit nooit forseer nie!
4 Maak die kwartsglas skoon met ’n geskikte reinigingsmiddel. Gebruik altyd ’n sagte doek om die glas mee skoon te maak; vermy krapmerke.
5 Wanneer u die kwartsglas terugplaas in die houer, maak seker dat dit korrek op die seëls (
P
) geplaas is en laat die onderpunt van die
kwartsglas versigtig in die ontvangsgids (
Q
) ingly (sien skets 4).
As die hulsel of die elektriese deel vervang moet word, moet die aard eerste van die hulsel ontkoppel word. Lees altyd eers die nota oor
“Installasie en demontering” voor u ‘n nuwe hulsel of elektriese deel monteer. Maak seker dat die verskillende dele altyd behoorlik geaard is.
Die aard-onderdele word nie met ‘n nuwe hulsel of elektriese deel voorsien nie. As u enigsins twyfel oor die koppeling, raadpleeg ‘n
gesertifiseerde elektrisiën.
Tegniese spesifikasies
UV-C 15.000
UV-C 40.000
UV-C 75.000
Lamp TUV 4P-SE T5
16 Watt
40 Watt
75 Watt
UV-C (W)
3,9 Watt
15 Watt
25 Watt
UV-C (%) na 9000 uur
75%
85%
80%
Badinhoud (L.)
15.000L
40.000 L
75.000 L
Maks. vloei deur
7.200 l/h
20.000 l/h
30.000 l/h
Maks. druk
3 bar
3 bar
3 bar
Waarborgvoorwaardes
Die produk word vir 24 maande vanaf die verkoopsdag teen fabrieksproduksiefoute gewaarborg. Die lamp, die kwartsglas en die
aansitskakelaar val buite die waarborg. Klagtes wat met waarborge verband hou, kan slegs hanteer word by ontvangs van die produk per
betaalde posgeld, vergesel van ’n geldige koopbewys. Herstelwerk wat deur die waarborg gedek word, mag slegs deur die verskaffer gedoen
word. Ons sal nie voldoen aan waarborgeise wat uit installerings- of hanteringsfoute spruit nie. Foute wat veroorsaak word deur swak
instandhouding word ook nie deur die waarborg gedek nie. Die verskaffer is geensins verantwoordelik vir skade as gevolg van die foutiewe
gebruik van die produk nie. Die verskaffer is nie aanspreeklik vir enige gevolglike skade wat berokken word omdat die toesteleenheid nie
werk nie. Klagtes as gevolg van vervoerskade kan slegs aanvaar word indien die skade deur die verskepingsagent, spoorwegmaatskappy of
poskantoor by aflewering van die goedere bepaal en bevestig word. Slegs dan sal dit moontlik wees om eise teen die verskepingsagent,
spoorwegmaatskappy of poskantoor in te stel.
27
0802_053ManualSpa&PoolTech.indd 27
04-03-2008 16:10:03