SPA & POOL Tech 15.000 - 40.000 – 75.000
ZA
Voordat u hierdie toestel installeer, moet u die instruksies asseblief baie noukeurig lees.
Werking
Die UV-C-lampe genereer kiemdodende UV-C-bestraling teen ’n golflengte van 253,7 nanometer . Die Spa & Pool Tech verskaf skoon, vars en
helder water op ’n doeltreffende en omgewingsvriendelike wyse. Die water word met behulp van ’n pomp deur die UV-C-masjien/-eenheid
gevoer. Hier word die water blootgestel aan UV-C-bestraling teen ’n golflengte van 253,7 nanometer wat deur ’n spesiale lamp geproduseer
word. Hierdie bestraling neutraliseer bakterieë, virusse en ander primitiewe organismes en verhoed dat hulle reproduseer. Vanweë die
lengte van die masjien/eenheid word die water vir ’n heel lang tyd aan hierdie hoë dosis bestraling blootgestel. Hierbenewens reflekteer die
vlekvryestaal binnekant die UV-C-lig en verhoog sodoende die doeltreffendheid met tot 35%. Die vlekvryestaal binnekant is elektrolities
gepoleer, as gevolg waarvan vuiligheid moeilik daaraan vaskleef en die weerkaatsing tot die maksimum behou word. Met behulp van die Spa
& Pool Tech u water doeltreffend en veilig gesuiwer en word u voorsien van water met ’n uitstekende gehalte.
Voordele van UV-C-behandeling:
- Voorsien vars, skoon en helder water
- Suiwer water doeltreffend en veilig
- Beskerm u bad teen patogeniese organismes
- Hou die vorming van muf, bakterieë en alge onder beheer
- Kan die gebruik van chloor en ander chemikalieë met 80% verminder
- Verhoed ’n chloorreuk, asook vel- en oogirritasie (rooi oë)
- Beter vir die omgewing as tradisionele metodes
Kenmerke van die Spa & Pool Tech
- Tot 35% meer UV-C deur weerkaatsing geproduseer
- Elektrolities gepoleerde interne vlekvryestaal meganisme/weerkaatsende binnekant, waaraan vuiligheid moeilik vasklou
- UV-C lamp/9 000 brandure
- Eenvoudige installering en instandhouding
- 2-jaar-waarborg wat vervaardigingsdefekte betref
- Die Spa & Pool Tech toestel is geaard.
Veiligheid
Hierdie toestel produseer gevaarlike bestraling. Direkte aanraking kan gevaarlik wees vir die oë en vel. Toets dus altyd die
bewerking van die UV-C-lamp via die eenheid se deurskynende aanhangsels.
- Moenie die toestel gebruik indien enige ander dele (veral die kwartsglas) beskadig is nie.
- Skakel dit af wanneer geen water deur die toestel vloei nie.
- Die elektrisiteitsveiligheidsregulasies moet toegepas word indien die toestel permanent aan die elektriese toevoer gekoppel word. As u
onseker is oor die installering, skakel asseblief ’n professionele elektrisiën of u elektrisiteitsvoorsieningsmaatskappy.
- Bêre die toestel in die wintermaande wanneer daar ’n rypgevaar gestaan.
- Die lamp sal vir ongeveer 10 minute warm bly nadat die toestel afgeskakel is.
- Die kabel van hierdie toestel is nie vervangbaar nie. In die geval van skade aan die kabel, moet die hele toestel vernietig word.
Installasie van aarding (skets 1)
1 Die kabel (
B
) moet deur die spanningsversterker (
F
) getrek word voordat die spanningsversterker (
F
) op die bout (
A
) geïnstalleer word. Jy
doen dit deur die spanningsversterker (
F
) teen ongeveer 10cm vanaf die endring (
H
) van die aardkabel (
B
) te plaas.
2 Plaas die endring (
H
) van die kabel (
B
) oor die bout (
A
) wat uit die omhulsel kom.
3 Plaas dan ’n getande sluitring (
C
), seskantmoer (
D
) en dan nog ’n getande sluitring (
E
) op die ring (
H
).
4 Maak die spanningsversterker (
F
) bo-op vas sodat ’n lussie van Ø 5cm geskep word.
5 Ten slotte, plaas die sluitmoer (
G
) op die bout (
A
).
6 As die verskeie moere in die korrekte volgorde op die aardingsbout (
A
) geplaas is, kan dit dan vasgemaak word met ’n oop skroefsleutel of
’n ringskroefsleutel nommer 8. Maak seker dat dit nie te styf aangedraai is nie, omrede dit die spanningsversterker kan breek.
(Die transparante moer wat die laaste is om aan die bout (
A
) geskroef te word, het nie meer ’n funksie nie en kan verwyder word)
26
0802_053ManualSpa&PoolTech.indd 26
04-03-2008 16:10:02