-
Hierdie simbool dui aan
dat die oppervlakte tydens
gebruik warm kan word.
-Maak seker dat die stroomspanning soos op
die naambordjie aangedui ooreenstem met die
hoofkragleiding voordat die toestel ingeprop
word.
-Konnekteer die toestel aan ‘n basis met ‘n
aardkontakpunt wat minstens 16 ampère kan
weerstaan.
-Moenie die toestel buitekant gebruik of stoor
nie.
-Moenie die elektriese draad forseer nie. Moet
nooit die elektriese draad gebruik om die toe-
stel op te tel, te dra of om die kragprop van die
toestel uit te trek nie.
-Kontroleer die status van die kragkabel. Beska-
digde of geknoopte kabels verhoog die risiko
van ‘n elektriese skok.
-Moenie die kragprop met nat hande aanraak
nie.
-Indien enige van die toestel se voerings breek,
ontkoppel onmiddellik die toestel van die
hoofkragleiding om die moontlikheid van ‘n
elektriese skok te vermy.
-Moenie aan die toestel se metaaldele of
oppervlakte raak wanneer dit in werking is
nie, aangesien dit ernstige brandwonde kan
veroorsaak.
BESKRYWING
A Tenkvulling-opening
B
Strykyster gereed aanwyser
C Stoomknoppie
E
Temperatuuren stoombeheer
F Staander
G Handvatsel
H Kragkabel
I Handvatsel-omhulsel
J Watertenk
K
Anti-kalkskaalfilter
L
Kontrolepaneel
GEBRUIK EN VERSORGING:
-Die toestel se kragkabel moet ten volle oopge-
rol wees elke keer wanneer dit gebruik word.
-Moenie die toestel gebruik nie indien sy toebe-
hore of onderdele nie behoorlik gekoppel is nie.
-Gebruik die toestel se handvatsel om dit op te
tel of te beweeg.
-Volg die MAKSIMUM-vlak aanwysing ten alle
tye (Diagram 2)
-Ontkoppel die toestel van die hoofkragleiding
wanneer die toestel in onbruik is en voordat
enige skoonmaaktaak onderneem word.
-Hierdie toestel is slegs vir huishoudelike
gebruik en nie vir professionele of industriële
gebruik nie.
-Hierdie toestel moet buite die bereik van
kinders en/of persone met verminderde fisiese,
sensoriese of verstandelike vermoëns gestoor
word, of diegene wat nie vertroud is met die
gebruik daarvan nie.
-Moenie die toestel stoor of vervoer indien dit
nog warm is nie.
-Om te verseker dat die strykyster behoorlik
werk, hou die strykyster se voorkant glad en
moenie laat dit in aanraking met metaalvoor-
werpe kom nie (byvoorbeeld, die strykplank,
knope, ritssluiters...)
-BELANGRIK: Vervang die ANTISKAAL-filter
(sien anti-skaal waarskuwing) wanneer die
toestel sodanig aandui. Gebruik gedistilleerde
water met ‘n dun filter.
-Die gebruik van gedistilleerde water word aan-
beveel, veral as die water in jou gebied enige
soort gruis bevat of “hard” is (bevat kalsium of
magnesium).
-NB.: Dit is normaal om ‘n pompklank te hoor as
die water in die stoomopwekker gepomp word.
-Die toestel moet nooit gekonnekteer wees
terwyl dit onbewaak of in onbruik is nie. Dit
bespaar krag en verleng die lewensduur van
die toestel.
-Moenie die toestel op enige deel van die lig-
gaam van ‘n persoon of dier gebruik nie.
-Moenie die toestel met troeteldiere of diere
gebruik nie.
-Draai die termostaatkontrole na die minimum
(MIN) stelling. Dit beteken nie dat die strykyster
permanent afgeskakel word nie.
DIENS:
-Maak seker dat die toestel slegs deur gespesi-
aliseerde personeel gediens word en dat slegs
oorspronklike onderdele of toebehore gebruik
word om bestaande onderdele/toebehore te
vervang.