
33
skroewedraaier (
sien tekening 3
). Moet dit nooit forseer nie! U plaas daarna ‘n nuwe kopereenheid in die toestel en die bedrading verbind
u weer via die aansluitblokkie (
sien tekening 4,5
). Maak seker dat die kleure van die kabels met mekaar ooreenkom: blou by blou, bruin by
bruin. Draai ten slotte die skroefies van die aansluitblokkie vas. Die beskermkappie van die aansluitblokkie plaas u daarna weer terug.
Kontroleer of die swart mantel van beide stukke kabel ver genoeg in die verbindingstuk sit en skroef die dekseltjie vas.
5 Die elektriese gedeelte van die toestel bevind hom in die vertoonkas (
B
). Hierdie vertoonkas is gelym en kan nie oopgemaak word nie. In
geval van enige twyfel oor die aansluiting, raadpleeg ‘n erkende installeerder.
Tegniese spesifikasies
• Swembadinhoud (L)
maks. 120.000 L
• Maksimale vloeitempo
10.000 l/h
• Maksimale kopervlak
0,8 dpm
• Maksimale druk
1 bar
• Maksimale temperatuur
50°C
• Minimale temperatuur
0°C
• Formaat van aansluiting
deursnee 48 / 50 mm
• Lengte van toestel
35 cm
9 STAPPE VIR ‘N ‘PERFEKTE’ SWEMBAD BY DIE GEBRUIK VAN ‘N ELEKTROLISEERDER.
1. Skokbehandeling
Wanneer u swembad nie nuut is nie, filtreer u water en gee dit ‘n skokbehandeling van 5 dpm chloor gedurende 3 tot 5 opeenvolgende dae.
2. Balans
U swembad behoort ‘n pH-balans te hê tussen 7.0 en 7.6, weekliks getoets.
3. Totaal opgeloste stowwe
Die TDS gehalte (totaal opgeloste stowwe) moet tussen 750 en 1500 dpm wees.
4. Siaansuur
Die ideale gehalte lê tussen 0 en 30 dpm.
5. Totale alkaliniteit
Die ideale waardes lê tussen 80 en 120 dpm. (Word normaalweg bereik wanneer die pH in balans is).
6. Kalsiumhardheid
Die ideale waardes lê tussen 225 en 375 dpm.
7. Installering van u Elektroliseerder
Installeer u Elektroliseerder soos beskryf in die gebruiksaanwysing.
8. Kopervlak (0,5 – 0,7 dpm)
Laat u Elektroliseerder tegelyk met u swembadpomp loop totdat u die aanbevole kopervlak bereik het (duur +/- 2 weke). Stel u
Elektroliseerder so in dat die ideale kopervlak tussen 0,5 en 0,7 dpm bly. U kan dit toets met die verskafte toetsstrokies.
9. Lekker swem!
Noudat u kopergehalte op die regte vlak is, kan u heerlik geniet van u swembad, wetende dat u water van die beste kwaliteit is en beskerm
word teen bakterieë, virusse, skimmels en alle soorte alge.
Waarborgvoorwaardes
Met hierdie produk het u ‘n uitstekende keuse gemaak. Die toestel is sorgvuldig en met inagneming van alle toepaslike veiligheidsvoorskrifte
inmekaar gesit. Ter wille van die kwaliteit het die verskaffer uitsluitend gebruik gemaak van materiale van hoë gehalte. Die verskaffer waarborg
die toestel vir 2 jaar vanaf die datum van aankoop teen materiaal- en fabrieksfoute. Waarborgeise kan slegs behandel word as die produk
gefrankeer teruggestuur word en vergesel is van ‘n geldige bewys van aankoop. By installerings- en bedieningsfoute, ondeskundige gebruik,
nie-nakoming van veiligheidsvoorskrifte, gebrekkige onderhoud, beskadiging, ewenas deurvoering van tegniese veranderings, kan geen
beroep op die waarborg gedoen word nie. Die verskaffer behou die reg voor om die toestel in geval van waarborgeise na eie keuse te herstel of
in sy geheel te vervang. Voortvloeiende skade is uitgesluit van die waarborg. Klagtes wat verband hou met vervoerskade kan slegs aanvaar
word, wanneer die beskadiging by aflewering deur die verskepingsagent of poskantoor vasgestel of bevestig is. Slegs dan is dit moontlik om
eise in te stel teen die verskepingsagent of poskantoor.
F990238 Manual copper electrolyzer.indd 33
20-04-11 10:27
Summary of Contents for COPPER ELECTROLYZER
Page 2: ...2 1 3 2 A E F C G H B R F990238 Manual copper electrolyzer indd 2 20 04 11 10 27 ...
Page 3: ...3 5 A A B B 4 6 B R S R F990238 Manual copper electrolyzer indd 3 20 04 11 10 27 ...
Page 54: ...54 1 3 2 A E F C G H B R F990238 Manual copper electrolyzer indd 54 20 04 11 10 27 ...
Page 55: ...55 5 A A B B 4 6 B R S R F990238 Manual copper electrolyzer indd 55 20 04 11 10 27 ...