AFRIKAANS HANDLEIDING
Geagte kliënt
Baie dankie vir jou keuse om ‘n Taurus
handelsmerk produk te koop. Danksy tegnologie,
ontwerp en werking, en die feit dat dit die
strengste gehalte standaarde oorskrei, verseker
ons ‘n ten volle bevredigende gebruik
en lang produklewe.
Beskrywing
A.
Elektriese stroomaanpasser
B. Sok
C. Hoofdeel
D.
Laai/Aan wyser
E. Handvatsel
F.
Aan/Af –skakelaar
G.
Vuilwatertenk openingknoppie
H.
Glas skoonmaak rubbers
I. Suigtuit
J.
Suigkop oopmaakknoppie
K. Sproeibottel
L. Sproeihefboom
M.
Skoonmaak kussingkop
N.
Mikrovesel kussing vir vuiler areas
O.
Daaglikse mikrovesel skoonmaakkop
Lees hierdie instruksies aandagtig deur voordat jy
die toestel aanskakel en hou dit vir toekomstige
verwysing. Versuim om die instruksies na te volg
en te onderhou kan in ‘n ongeluk tot gevolg hê.
Veiligheidsadvies en waarskuwings
•
Hierdie toestel kan deur mense gebruik word
wat nie gewoond is aan die hantering daarvan
nie, getremdes of kinders van 8 jaar en ouer
as hulle onderrig ontvang onder toesig op ‘n
veilige wyse en die gevare daaraan
verbonde verstaan.
•
Skoonmaak en onderhoud mag nie deur
kinders gedoen word tensy dit onder toesig
gedoen word nie.
•
Hierdie toestel is nie ‘n speelding nie . Kinders
moet onder streng toesig wees om te verseker
dat hulle nie met die toestel speel nie.
•
Ontkoppel die battery laaier van die hooftoevoer
wanneer dit nie in werking is nie en as die
toestel skoongemaak word.
•
Gebruik slegs die spesifieke laaier wat saam
met die toestel verskaf word.
•
Koppel die toestel aan ‘n veilige ektstra lae
netspanning wat ooreenstem met dié
van die toestel.
•
Sou die konneksie beskadig wees, moet
dit vervang word.Neem die toestel na ‘n
gemagtigde Tegniese Adviesdiens. Moenie
probeer om dit uitmekaar te haal of self te
herstel sonder hulp nie, want dit kan baie
gevaarlik wees.
•
Maak seker dat die stroomspanning op die
laaier se graderingetiket ooreenkom met die
hooftoevoer op die toestel voordat
jy dit aanskakel.
•
Konnekteer die toestel met ‘n basis wat geaard
is en ‘n minimum van 10 ampere kan weerstaan.
•
Die toestel se prop moet netjies in die
hooftoevoer inpas . Moet nie die prop verander
nie. Moet ook nie aanpassers gebruik nie.
•
Moet ook nie die kragkoord dwing nie. Die
kragkoord moet nooit gebruik word om die
toestel mee op te tel, dra of te skuif of dit te
ontkoppel nie.
•
Die prop moet nie met nat hande aangeraak
word nie.
•
Moenie die toestel gebruik as die kabel of prop
beskadig is nie.
•
Sou enige van die toestel se omhulsels
breek, ontkoppel dadelik die toestel van
die hooftoevoer om die moontlikheid van ‘n
elektriese skok te verhoed.
•
Moet nie die toestel gebruik as dit op die vloer
geval het, sigbare tekens van skade toon of as
dit lek nie.
•
Vermy alle kontak met die vloeitstof wat uit die
battery vrygestel mag word.
•
In geval van kontak met die oë, was hulle
deeglik en kry mediese advies.
•
Die vloeistof uit die battery mag brandplekke of
irritasie op die vel veroorsaak.
•
Moet nie die toestel buite in reën of aan vog
blootstel nie.
Gebruik en sorg:
•
Moenie die toestel gebruik as die bybehore nie
behoorlik inmekaar pas nie.
•
Neem die MAKSIMUM vlak aanwyser in ag.
•
Hierdie toestel is vir huishoudelike gebruik
alleenlik en nie vir professionele of industriële
gebruik nie.
•
Hierdie toestel moet buite die bereik van
kinders /gestremdes gestoor word.
•
‘n Droë , stofvrye stoorplek buite die bereik die
son moet gebruik word.
•
Moenie die toestel in werking stel op areas
waarop metaal voorwerpe soos spykers en
skroewe rond lê nie.
•
Moet nooit warm of skerp voorwerpe soos
sigaretstompies, as en naels ens. opsuig nie.
•
Moenie die battery/e onder enige
omstandighede oopmaak nie.
•
Hierdie toestel moet nie op enige deel van die
liggaam van ‘n persoon of dier
gebruik word nie.
•
Herlaai die battery/e slegs met die laaier wat
tesame met die toestel deur die vervaardiger
verskaf is.
•
‘n Laaier wat gepas is vir een soort battery mag
‘n brand of ontploffing of ‘n brandgevaar met ‘n
ander battery veroorsaak.
•
Gebruik die toestel slegs met batterye wat
spesifiek daarvoor ontwerp is. Die gebruik
van enige ander battery/e kan ‘n ontploffing of
brandgevaar laat ontstaan.
• •
Enige misbruik of versuim om die
instruksies na te volg sal die waarborg en die
vervaardiger se aanspreeklikheid nietig maak.
Laai van die battery
PASOP!
Die nuwe battery kom nie ten volle gelaai
nie en moet dus tot die maksimum gelaai word
voordat die toestel vir die eerste keer
gebruik word.
•
Laai die battery teen kamertemperatuur tussen
4 en 400C .
•
Prop die laaier in die hooftoevoer.
•
Die wysliggie sal aangaan om te wys dat die