![RTS DV-4350 Скачать руководство пользователя страница 3](http://html1.mh-extra.com/html/rts/dv-4350/dv-4350_manual_1498156003.webp)
VEILIGHEIDSMAATREELS
Die RTS DV-4350 YZTERVARK handradio is ‘n uitstekende ontwerp met
gevorderde tegnologie wat u tevrede sal laat. Dit is belangrik dat die
gebruiker van enige elektroniese toerusting verstaan wat die gevare
verbonde aan die gebruik daarvan is, en om beserings en beskadiging van
u RTS DV-4350 YZTERVARK radio te voorkom, let asseblief na die
volgende:
1. Hou die handradio en toebehore weg van kinders af.
2. Sou daar vir die een of ander rede fout gaan met hierdie radio, moet u
sorg dat die radio slegs deur ‘n professionele tegnikus herstel word.
Moenie toestemming verleen dat ‘n leek aan u radio karring en peuter
nie.
3. Gebruik slegs die voorgeskrewe battery laaier en battery om skade
aan die radio te voorkom.
4. Gebruik slegs voorgeskrewe antenna om voldoende reikafstand te
behaal.
5. Radio moet nie te lank blootgestel word aan direkte sonlig nie, hou die
radio ook weg van warm voorwerpe.
6. Radios moet ook nie aan buitengewoon stowwerige of vogtige areas
blootgestel word nie.
7. Moenie radios met skadelike chemikalieë of bytmiddels skoonmaak
nie.
8. Moet
NOOIT
hierdie radio gebruik sonder dat die antenna stewig
opgeskroef is nie.
9. Wanneer u hierdie handstel gebruik, is dit wenslik dat u heelwat
minder sal praat (uitset) as ontvang. Wanneer die handstel vir te lank
uitsaai sal die handstel warm word aan die agterkant waar die battery
geleë is. Moet dan ook nie hierdie warm deel van die radio op enige
plastiese voorwerp neerlê nie.
10. Sou daar enige onaangename reuk of rook ontstaan uit hierdie
handstel, skakel die radio dadelik af, verwyder die battery en kontak u
naaste RTS handelaar.
11. Skakel die radio af wanneer u brandstof inneem of by petrolstasies
staan, by enige plek waar plofstowwe gebruik word, in vliegtuie of
mediese institusies.
Содержание DV-4350
Страница 1: ......
Страница 8: ......
Страница 18: ...Belt Clip User s Manual...
Страница 22: ...NOTE The transceiver is not fully water resistant when using speaker microphone...
Страница 25: ......
Страница 32: ......