31
Blue Lagoon Koper Elektroliseerder ZA
Lees hierdie gebruiksaanwysing aandagtig alvorens hierdie toestel te installeer.
Werking
Die Blue Lagoon Koper Elektroliseerder reinig u swembadwater deur middel van koperelektrolise. Ons raai u aan om hierdie toestel in kombinasie
met ‘n UV-C toestel te gebruik vir die mees optimale resultaat.
Die Blue Lagoon Koper Elektroliseerder word
tussen die leidingsisteem geplaas,
voordat die water terug na die swembad loop. Die swembadwater stroom deur die behuising van die Blue Lagoon Koper Elektroliseerder. Binne
die behuising bevind hom ‘n kopereenheid, wat ‘n elektroliseerder genoem word. Hierdie kopereenheid stel ‘n klein bietjie koper vry aan die
water wat deur die behuising stroom. Hierdie koperione (Cu2+) in die water is positief gelaai en tas die selwand van alge, bakterieë, virusse en
andere primitiewe organismes aan. Deurdat die selwand aangetas is, kan hulle geen voedingstowwe meer opneem nie en daardeur kan hulle
nie vermenigvuldig nie. Hierdie proses van positiewe laai van koper word koperelektrolise genoem. Die koper in die water werk as ‘n
disinfekteerbuffer in u swembad en die resultaat is vergelykbaar met die uitwerking van chloor.
Danksy die Blue Lagoon Koper Elektroliseerder
sal u swembadwater op ‘n doeltreffende en veilige wyse gedisinfekteer word en behou u ‘n uitstekende waterkwaliteit.
Gebruik
Voordat u die Elektroliseerder inskakel, moet u eers die water toets om te bepaal wat die huidige koperwaarde in u swembad is. Die ideale
koperbalans lê tussen 0,5 en 0,7 dpm. Aan die toetsstrokie kan u aflees of die kopergehalte te hoog of te laag is.
U skakel die Elektroliseerder aan deur op die “+” knop van die vertoonskerm
te druk. Op die beeldskerm verskyn in rooi die vlak van die
koperafskeiding. Dit kan ‘n getal van “0” tot “99” wees. Wanneer u die Elektroliseerder op “00” sit, skakel die Elektroliseerder uit en skei dit
geen koper meer af nie. Die eerste beginposisie van die vertoonskerm om mee te begin is afhanklik van die grootte van die swembad en die
resultaat van die toetsstrokie waarmee u die eerste watertoets gedoen het. Indien na die eerste toets die kopergehalte te laag is, verhoog u
met die “+” knop die vertoonskerm na byvoorbeeld 30 of hoër. Toets die water opnuut na ‘n week en indien die toetsstrokie nog steeds ‘n lae
koperwaarde aandui, verhoog u die posisie van die vertoonskerm. Indien die toetsstrokie die regte waarde van 0,5 tot 0,7 dpm het, hoef u niks
aan die vertoonskerm te verander nie. Wanneer die koperwaarde te hoog is, verlaag u die vertoonskerm na “00” met die “-“ knop sodat daar
geen koper meer aan die water vrygestel word nie. Wanneer u na ‘n week opnuut die water toets, sien u aan die resultaat van die toetsstrokie
of u die Elektroliseerder weer kan inskakel. Deur oor en oor te toets en die vertoonskerm hoër of laer te stel vind u uiteindelik die regte
koperbalans in u swembad.
Elke 336 uur skakel die Elektroliseerder outomaties uit. U sien op die toestel dat die syfers op die vertoonskerm nie meer brand nie. Wanneer
die Elektroliseerder uitgeskakel is, is u altyd verplig om die water te toets met die verskafte toetsstrokies. U skakel die toestel weer aan met die
“+” knop. Die posisie waarop die vertoonskerm ingestel was voordat dit outomaties uitgeskakel is, verskyn dan weer op die vertoonskerm. Na
die inskakel van die Elektroliseerder kan u die vertoonskerm nie meer self uitskakel nie. Die vertoonskerm skakel na 336 uur opnuut outomaties
uit. Indien u ‘n fout gemaak het of die Elektroliseerder nie wil aansit nie, kan u die vertoonskermposisie gewoon op “00” sit.
In die eerste gebruiksmaand moet u die swembadwater elke week toets totdat u die gewenste balans bereik het. Na ‘n maand kan u die toets
verminder na 1 keer per 2 weke. Die PH waarde kan u ook met die toetsstrokies toets. ‘n PH waarde tussen 7.0 – 7.6 is die mees ideale waarde
met koperelektrolise.
U mag chloor gebruik indien u wil, uiteraard kan dit baie laag gedoseer word, omdat die Blue Lagoon Koper Elektroliseerder sy disinfekterende
werk reeds doen. Dit is belangrik dat u altyd anorganiese chloor (vloeibaar, korrels, stafies of tablette) gebruik in kombinasie met ‘n ioniseerder.
Ander chloorsoorte werk nie in kombinasie met koperelektrolise nie.
Pas op! Moenie chloorkorrels of -tablette op die bodem van die swembad sit nie. Koperione kan weens die sterk chloorkonsentrasie neerslaan
en verkleuring veroorsaak.
Vervanging van kopereenheid
Die kopereenheid hou 4500 uur lank. Wanneer daar op die vertoonskerm van die Blue Lagoon Koper Elektroliseerder die nommer “88” knipper,
behoort u die
kopereenheid te vervang. ‘n Vervangingsstel is beskikbaar by die verskaffer waar u die toestel gekoop het. Wanneer u die
kopereenheid vervang het, kan u die vertoonskerm terugstel deur die “+” en die “-” knop tegelyk gedurende 3 sekondes ingedruk te hou.
Voordele:
- Sorg vir vars, skoon en helder water
- Disinfekteer water op ‘n doeltreffende en veilige manier
- Beskerm u swembad teen siektekieme
- Hou die vorming van skimmel, bakterieë en alge onder beheer
- Kan die gebruik van chloor en ander chemikalieë tot 100% verminder
F990238 Manual copper electrolyzer.indd 31
20-04-11 10:27
Содержание COPPER ELECTROLYZER
Страница 2: ...2 1 3 2 A E F C G H B R F990238 Manual copper electrolyzer indd 2 20 04 11 10 27 ...
Страница 3: ...3 5 A A B B 4 6 B R S R F990238 Manual copper electrolyzer indd 3 20 04 11 10 27 ...
Страница 54: ...54 1 3 2 A E F C G H B R F990238 Manual copper electrolyzer indd 54 20 04 11 10 27 ...
Страница 55: ...55 5 A A B B 4 6 B R S R F990238 Manual copper electrolyzer indd 55 20 04 11 10 27 ...