![Nokia 110 2019 Скачать руководство пользователя страница 25](http://html.mh-extra.com/html/nokia/110-2019/110-2019_manual_255246025.webp)
Nokia 110 (2019) Gebruikergids
vermoed dat steuring plaasvind.
• Volg die vervaardiger se aanwysings vir die
ingeplante mediese toestel.
Vir enige vrae daaroor om jou draadlose toestel saam met ’n ingeplante mediese toestel te
gebruik, raadpleeg jou gesondheidsorgverskaffer.
GEHOOR
Waarskuwing:
Wanneer jy oorfone gebruik, sal jy dalk eksterne klanke minder goed kan hoor.
Moenie oorfone gebruik as dit jou veiligheid in gevaar kan stel nie.
Sekere draadlose toestelle kan dalk steuring vir sekere gehoorapparate veroorsaak.
BESKERM JOU TOESTEL TEEN SKADELIKE INHOUD
Jou toestel kan deur virusse en ander skadelike inhoud beskadig word. Neem die volgende
voorsorgmaatreëls:
• Wees versigtig as jy boodskappe oopmaak.
Dit kan dalk skadelike sagteware bevat
of andersins skadelik vir jou toestel of
rekenaar wees.
• Wees versigtig wanneer jy
verbindingsversoeke aanvaar, op die
internet blaai of inhoud aflaai. Moenie
Bluetooth-verbindings aanvaar van bronne
wat jy nie vertrou nie.
• Installeer en gebruik slegs dienste en
sagteware van bronne wat jy vertrou en
wat voldoende sekuriteit en beskerming
bied.
• Installeer antivirus- en ander
sekuriteitsagteware op jou toestel en alle
gekoppelde rekenaars. Gebruik net een
antivirusprogram op ’n slag. As jy meer as
een gebruik, kan dit die werking van die
toestel en/of rekenaar affekteer.
• As jy vooraf geïnstalleerde boekmerke en
skakels na derdeparty-webwerwe besoek,
neem die nodige voorsorgmaatreëls. HMD
Global onderskryf nie sulke werwe nie en
aanvaar geen aanspreeklikheid daarvoor
nie.
VOERTUIE
Radioseine kan onbehoorlik geïnstalleerde of onvoldoende afgeskermde elektroniese stelsels
in voertuie affekteer. Kontak jou voertuig of sy toerusting se vervaardiger vir meer inligting.
Slegs gemagtigde personeel behoort hierdie toestel in ’n voertuig te installeer. As dit verkeerd
geïnstalleer word, kan dit gevaarlik wees en jou waarborg ongeldig maak. Kontroleer gereeld
dat alle draadlose toerusting in jou voertuig behoorlik geïnstalleer is en goed werk. Moenie
vlambare of plofbare materiale in dieselfde kompartement as die toestel, sy onderdele of
bykomstighede berg of dra nie. Moenie jou toestel of bykomstighede op die plek waar die
lugsak is, sit nie.
© 2022 HMD Global Oy. Alle regte voorbehou.
25