45
Pomp
Die pomp van die Compact4pool is vrywel onderhoudsvry. Indien u die pomp tog wil reinig of om ander redes wil demonteer, verwyder dan altyd
eers die kragprop uit die kragsok.
1 Koppel die in- en uitlaat koppeling (
E & R
) los en draai die aansluiting (
I
) tussen die filteromhulsel en die pomp (
J
) los.
2 Skroef die swart kunsstof moere (
L
) van die beuel los (
K
) en verwyder die beuel van die standaard (
M
) (
sien tekening 3
).
3 Maak die filterhuis oop en klik met behulp van ‘n plat skroewedraaier die filteromhulsel los van die standaard.
4 Na verwydering van die vier skroewe op die pompkop kan u die pomphuis van die Compact4pool pomp oopmaak en reinig (
sien tekening 5
).
Die pompwiel vorm één geheel met die rotor en kan verwyder word. Vir hierdie onderdele is gebruik gemaak van ‘n hoëgehalte, maar tewens
brose keramiek (gevaar van brekasie!). Geen smeermiddels word gebruik nie. Die elektromotor is ingegiet en mag nooit gedemonteer word nie!
Raadpleeg by twyfel oor die aansluiting ‘n erkende installeerder.
5 Reinig die Compact4pool onder lopende water (gebruik geen hoëdrukreiniger of aggressiewe reinigingsmiddels nie). Die kragprop en die UV-C
lamp mag in geen enkel geval nat word nie! Sit die pomp na die reiniging weer in mekaar en skroef die skroewe op die pomphuis kruisgewys
vas.
6 Draai die koppelings (
E & R
) vas en koppel die transparante verbindingstuk (
S
) tussen die filteromhulsel en die pomp.
Tegniese spesifikasies
• UV-C PL LTC KLVE
11 Watt
• UV-C uitgangsvermoë (W)
3,4 Watt
• UV-C (%) na 5.000 uur
85%
• Swembadinhoud (L)
20.000 L
• Maksimum temperatuur
25 °C
• Netspanning
220-240 V /50 Hz
• Stroomverbruik
81 W
• Pompkapasiteit
5000 l/h
• Maksimum leweringshoogte
2,6 m
• Maat van uitlaat
Ø 40 mm
• Kabellengte
10 m
• Gewig inkl. kabel
3,7 kg
Waarborg
Hierdie produk is gedurende 24 maande na aankoopdatum gewaarborg teen fabrieksfoute. Die lamp en die kwartsglas val buite die waarborg.
Waarborgeise kan slegs behandel word as die produk gefrankeer teruggestuur word en vergesel is van ‘n geldige bewys van aankoop. Herstellings
onder waarborg mag uitsluitend deur die verskaffer uitgevoer word. Waarborgeise wat veroorsaak is deur installerings- of bedieningsfoute word
nie erken nie. Defekte wat ontstaan deur gebrekkige onderhoud val ook nie onder die waarborg nie. Voortvloeiende skade is uitgesluit van die
waarborg. Ook onderdele wat aan slytasie onderhewig is, soos rotors, val nie onder die waarborg nie. Die verskaffer is op geen enkele manier
verantwoordelik vir skade veroorsaak deur die verkeerde gebruik van die produk nie. Die verskaffer kan nie aanspreeklik gehou word vir
voortvloeiende skade wat deur die onklaarraking van die toestel ontstaan nie. Klagtes wat verband hou met vervoerskade kan slegs aanvaar
word, wanneer die beskadiging by aflevering deur die verskepingsagent of poskantor vasgestel of bevestig is. Slegs dan is dit moontlik om eise in
te stel teen die verskepingsagent of poskantoor.